Artikels oor Baviaanskloof.







BAVIAANSKLOOF
EEN VAN DIE MEES AFGESONDERDE VALLEIE

Dr. J.D.Louw
Vlie�nde Springbok, Maart 1983.

Daar is maar twee riviere wat deur die die gordel van parallelle bergreekse van die Suid-Kaapland breek om die Groot Karoo se afloopwaters in die Indiese Oseaan te stort, Die westelike een is die Gourists, en die oostelike een is die Gamtoos, wat as Grootrivier tussen die Groot Winterhoekberge en die Baviaanskloofberge deurbreek, digby die hoogste bergpiek in Suidoos-Kaapland, naamlik die Hanekam ( 1756m ). Kort daarna, by Heroncliff, sluit die Kouga uit die weste by die Grootrivier aan en word dit die Gamtoos, met sy pragtige vrugbare vallei wat verby Andrieskraal, Patensie en Hankey see toe vloei.

Hierdie Kougarivier het sy oorspring en loop in die onherbergsame en byna ondeurdringbare Kougaberge wat vir sowat 120 km noord van die bekende Langkloof l� en oortroon word deur die tweede hoogste berg in die Suidoos-Kaap, naamlik die Hanekam, 60 km. Oos daarvan. Die Kougaberge, met hule lang diep, klowe na die noorde vorm die suidelike bastion van die byna 100 km lange Baviaanskloof - seker die mees afgeslote plek in die hele Suid-Afrika. Die kloof word aan sy noordekant deur die Baviaanskloofberge en die inlopers na die Baviaanskloof vanuit hierdie berge is meesal diep ravyne, begroei met pragtige bome. Statige geelhoutbome is volop, maar op sekere plekke tref mens die oorblyfsels aan van die Willowmore-seders* wat byna uitgeroei geraak het voordat die Departement van Bosbou die gebied as 'n bosreservaat begin bestuur het. Die mooiste voorbeelde van hierdie seders staan in Doringkloof, wat suid in die Kougaberge oploop. Die bome is hoog en regop en toon baie ooreenkoms met di� van die Sederberge. Hulle was die pioniers se bron van meubel- en bouhout.

Groot oppervlaktes rondom en in die Baviaanskloof is tans bosreservat en meer grond kan dalk uitgekoop word om hierdie wildernisw�reld te bewaar as wateropvanggebied. Dit word vertel dat dit 'n lushof was, met welige plantegroei, voordat boere daar met bokke begin boer het. Daar was 'n tyd toe die kloof nog meer verlate was as vandag. Dit was voordat die pad na die ooste deurgebreek is na Cambria, oor twee lastige bergpasse, vermoedelik in die jare dertig. In die ou dae was Smitskraal slegs deur die lengte van die kloof bereikbaar, met Willowmore as naaste dorp,110 km ver. Hoe effektief die berge die kloof afsluit blyk daaruit dat dit dwars oor di� bergreekse van noord na suid, soos die kraai vlieg, sowat 70 km ver is van Steytlervile na Kareedouw. Met bestaande paaie moet mens links- of regsom tussen di� twee dorpe 'n afstand van sowat 260 km afl�. 'n Tante van Smitskraal het vertel dat mense in die pioniersdae eintlik maar een keer per jaar die kloof uitgegaan het, per donkie- of perdekar, twee dae ver na Willowmore, om hulle produkte te gaan verhandel vir die nodige lewensmiddele en benodigdhede. Soms is die Kougaberge te voet oorgesteek om die dringendste kleinighede op Kareedouw te gaan koop. Mense kon nie met produkte wat moeilik vervoerbaar was, boer nie, en daarom was tabak, dro� vrugte en bokke popul�r. Laasgenoemde kon aangejaag word mark toe. Die tante vertel dat haar pa twee sakke koring van elke jaar se oes op die solder geb�re het om te dien as saadkoring vir die volgende jaar en onder geen omstandihede is daarvan ge�et nie. As die jaar se eetvoorraad nie end-uit wou hou nie, is die meel later met gebakte, fyngemaakte patat aangevul om die nood af te weer!

'n Toer deur die kloof, byvoorbeeld van Willowmore af na Patensie, is 'n besondere belewnis, veral vir mense wat nog omgee vir die ongerepte skoonheid van die natuur. Die pad word deur die AA aangegee as 'n sekond�re pad en is heeltemal rybaar, veral as jy nie haastig is nie.




Terug
More about Baviaanskloof.


For more information/ Navrae :

By e-mail to Griet / Stuur 'n e-pos na Griet :
E-mail

or/of
Telephone
Tel. & fax : (0)44 9451002


Zandvlakte Farm
Baviaanskloof Mountains
Garden Route
Eastern Cape Province
South Africa


Index,Afrikaans,English,