BAVIAANSKLOOF: VERSTEEKTE PARADYS SARIE tydskrif : 9 Maart 1988 " Vra jy die pad van die Baai af, sal jy dit altemit s� beduie kry: 'Kyk jy ry nou deur Patensie en jy hou aan ry, tot daar waar jy voel die Here verlaat jou nou hier. Met ander woorde: as jy voel jy is nou in die hel, moet jy weet dis nog baie verder.' MAGRIET KRUGER is een van die nuwe geslag jong vroue wat die stad vir die platteland verruil het. Sy skryf oor Baviaanskloof, haar aangenome kontrei." Twee kilometer vanaf Willowmore, op die Graaff-Reinet / George pad, staan daar 'n bordjie: Baviaanskloofberge. Jy sien dit net skrams raak op pad na die Kaapse strande. Sodra jy verby is, vergeet jy gou weer daarvan. Maar dit is hier, tusssen die Koega- en Baviaanskloofberge, waar 'n versteekte paradys l�. Al wat jy sien, is berge, nogmaals berge en kronkelende afgronde. In die niksheid wat jou toevou, tussen die geelhout-, witstinkhout-, wildevy-, en witgatbome deur, kronkel die stofpad oor berge en waterstroompies, langs baie soorte varings, lelies en broodbome verby. Oor Combrinck-se-berg, tussen heide en proteas deur, kan jy, as jy mooi kyk, nog die kabelspoor sien waarmee die eienaar tot onlangs toe bokke, veevoer en rantsoene van die een berg na die ander vervoer het. Net daar waar jy wonder hoeveel berge jy nog moet oor ( vanuit die suide ) maak die vallei by die Waterpoort skielik voor jou oop en begin die tekens van lewe stadig tot jou deurdring. Hoe verder jy ry, hoe platter en oper vou die berge voor jou weg. Jy sien die bokkies in die kranse baljaar en voetgangers groet vriendelik. Gesels jy met die inwoners van hierdie Klein Eden, straal die liefde vir hierdie w�reld deur. By Kleinpoort Handelaar, Lukas en Aletta Smit se winkel met die handsentrale, maak jy kennis met die barometer van die kloof se aktiwiteite en gebeure. Hier koop jy katoen vir laslap, outydse melkdoek, rou lynolie by die liter en naeltjie-olie vir tandpyn, en drink 'n blikbeker koffie terwyl jy kuierkoop. Oom Lukas Smith vertel van die ou dae toe die vallei so vol turksvye was dat die boerdery onmoontlik was. In 1944 kom die staat toe die turksvye uitroei. Op die vraag hoekom hulle die turksvye dan wou uitroei, antwoord Aletta eerste terwyl oom Lukas nog nadink: " Die mense het te veel verstop geraak en in daardie dae was daar nog nie 'n ding soos 'n lawement nie." " Nee," antwoord oom Lukas terwyl daar 'n geskater is, " die donkies se bekke was behoorlik vrot van die turksydorings en hulle kon dan nie vir die boerdery gebruik word nie. Toe't die Staat hier in die oorlog die goed laat uitkap en met cochenille besmet. Daarna was die w�reld minder ruig en kon met bokke geboer word." Oom Francis Nortje, broer van die skrywer P.H.Nortje, onthou met nostalgie die lekker speel ondanks die groot armoede en swaarkry. Sy o� blink as hy terugdink aan die bloekombos langs die huis waar die kinders tussen die klein boompies paaie gemaak het en kamma-kamma van vuurhoutjiedosies wa en osse gemaak het waarmee hulle dan tussen hierdie klein boompies deur getrek het. Steytlerville en Willowmore toe. Eendag kom sy neef wat so twintig was daar aan. Hy wat oom Francis is, staan toe so en dink: Ek wil tog nooit so groot soos jy word nie, want dan sal ek nie meer lekker kan speel nie. " Die klompie kinders van die bywoner-gesinne was my lekkerste speelmaats op die werf. Hul ouers het om 'n halfdeel geboer; almal het in daardie jare swaargekry. Maar daar was baie vreugde in ons armoede. As kind het jy nooit die omvang van jou ouers se bekommernis en wanhoop geken nie." Vir 'n deurganger of vreemdeling is die vallei o�nskynlik 'n verlate paradys waar inwoners hardnekkig vasklou en gevestig bly. Maar sou dit jou lot word om 'n nag of langer te vertoef, staan jy in 'n woelige miernes en maak jy kennis met die eenvoud van boere-gasvryheid. Jy kry 'n voorsmakie van die vallei se eie koffie. Hier gekweek, geoes, gebrand, en gemaal. En dis eksklusief. Dit word nie bemark nie en net aan uitgesoekte gaste voorgesit. Die Kloof se gasvryheid is alombekend. Kry jy biltong, groente en volstruiseiers in jou ryding, moet jy twee keer dink voor jy aanbied om daarvoor te betaal. Die inwoners vergeet so 'n belediging nooit. Al betaling is 'n dankie-s� briefie agterna en 'n weer-kom-kuier met jou hele gesin. Aan kontak met die buitewereld ontbreek dit ook nie. Oom Biet Strydom van Drinkwaterskloof, bekend vir sy pienk gehekelde hoed, wou al 'n slag vermoed dat die Here vir tannie Babes hier op aarde vergeet het. Sy was dan al 91 en kon nie tot sterwe kom nie! Sy ervaring met die stad het hy amper diplomaties aggressief uitgedruk. "Jong, as jy nou wil sien hoe lyk Sodom en Gomorra, moet jy Johannesburg toe gaan. Hulle vat my daar op in een of ander hoge toring, teen my sin, hoor. Toe ek daar bo kom, sien ek wat ek altyd vermoed het. Ek s� vi Mavoureen, sien jy nou. Ek het jou mos ges�. Hier staan die wereld op sy kop. Al die sterre skyn van onder af en daar bo is dit piknag donker. Nee kyk, hier moet ons uit! Maar 'n man het mos ook nie meer s� in sy eie huis nie." Oom Lieb Bekker van Matjiesfontein, die h��l afgesonderdste plaas in die vallei, wou op slag huis toe kom toe hy in Pretoria sien hoe die ou wasgoedjies doer bo in die lug wapper en die arme ou kindertjies in sulke vo�lhokkies vasgekeer sit. " Nee-a, 'n kind moet mos kan speel," s� hy. Toe s� hy hulle moet hom maar daar wegvat. Hy het genoeg gesien. Op sy plaas is nie eers 'n dier in 'n hok nie, wat nog van 'n mens! " Hier leef ons, ek en my broer Jan en onse vrouens, nou l�kker, man. Vir 'n ding soos televisie gaan ek ok nou nie met 'n battery onder die arm hier teen die berge op nie. Nee wat, hier gaan ons buitendien saans vroeg l�." Oom Jan Bekker val in met: " Dis die naaste aan die hemel hier wat jy op aarde maar kan kom." Maar uit die stad, uit Pretoria en Bloemfontein en Kaapstad en Port Elizabeth, kom 'n nuwe geslag jong vroue die geledere aanvul. Saam met hulle bring hulle kennis van die weefkuns, leerwerk, fisioterapie, maatskaplike werk en geologie. Natuurik gee 'n mens baie prys. Maar in die plek van die gerieflike inkoopsentrums, intellektuele stimulasie en gemak, kom die vryheid vir ons kinders. Geen vrees vir aanrandings, dwelmmiddels, en beperkte speelruimtes nie. Geen bure wat kla oor 'n boomhuis wat die buurt ontsier nie. Ons kinders kan soveel diere aanhou soos hulle wil, die veld en berge na hartelus verken en in gesonde verhouding met ander volke vriende maak en mekaar speel-speel by 'n draadkar leer ken. Die Baviaanskloofvallei. Vergete paradys. Hier waar die oue langtand die nuwe ontmoet. Aan die een kant nog die hand geoeste mielies en vloedbesproeing met 'n graaf; aan die ander kant die moderne oes-masjienerie en die spilpunte vir besproeing. Tant Issie Stroebel kan maar net nie gewoond raak aan die dorp waar hulle nou woon nie: " Ag hene tog, my ou hartjie, dissie onse gewoontes hierie nie. Dis jonges en oues deurmekaar. Ek s� hulle kan maar nog drie predikante kry, hulle sil nog nie die spul kry dat hulle koersvat nie. Ek is in 1908 in die Kloof gebire, ja die ouderdom begin nou vatplek kry. Ag foei tog, my ou hartjie, in daardie dae het die water sommer nog in sulke vlakslote geloop. Maar deesdae moet die boere al hoe dieper grawe en die rivier is ook so vals." Vir die stedelinge is hierdie afgesonderdheid en eensaamheid 'n skielike te staan kom voor jouself en die dinge binne-in jou wat jy nie eens geweet het bestaan nie. Vir die inwoners is die afgesonderdheid en eensaamheid 'n illusie. Leo en Erika Latti op Dam-se-drif voorsien die hele w�reld van vetplantsaad, en liefhebbers van eksotiese plante dwarsoor die wereld ken hulle. Die buitewereld is net 'n telefoon ver. Toeriste wat met bussies hier deurkom, slaap by die huise. Soms is dit 'n sonde om hulle weer in die bussies te kry om verder te gaan. Party dreig om hul toere deur die land te kanselleer. Baie van die mense kom weer terug, elke jaar. By die bruin inwoners kry jy nog die resep vir 'n kultuurerfenis wat van die Boesmans oorgeneem is: heuningkarrie. 'n Skopverfrissing wat die "Five Star" of die " Box" - dit is nou die polisie - hoofbrekens gee. As jy by die reuk kan verbykom, smaak die heuningkarrie nogal nie te onaardig nie. Skoon karrie word van heuning en suiker en erte gemaak. En dan het jy ook di� wat gebrou word van semels, suiker, water en suurdeeg. Een storie wat met smaak vertel word, is oor hoe Pieter Kruger se twee mak bobbejane, Doorsie en Trens, wat daar by hom in die huis gebly het, die karriemakers laat les ops� het. Di� bobbejane was nou vir jou mal oor karrie. Elke keer as die drom begrawe word - dis nou terwille van die Five Star, sien - "dan kom grawe die bobjane die drom uit en suip al onse karrie op." " Jy kon nie huis hou met die twee onbruikbare goed nie. Op 'n dag is die honne toe op hulle gesit, en Doors, wat vreeslik gesuip was en nie kon weghol nie, het in die stof gebyt. Trens het nog lank geleef, maar nooit weer haar voete by die karriekanne gesit nie," onthou my segsman. Petro Du Preez van Casey vertel hoe die kortisoon in die skilpadplant die Boesmans aan die lewe gehou het as hulle so op die trekpad was. Vir sere en wonde het hulle 'n salf van die gemaalde dop gemaak, en die gifbol met sy pragtige rooi blom is gebruik vir gif om hulle pyle mee te smeer. Die buitenste skubbe van die bol het hulle weer vir salf gebruik. Die Boesmantekeninge wat hier volop in die bakkranse voorkom, word jaloers deur die inwoners beskerm. Van die maalklippe wat die Boesmans gebruik het, word nog gereeld in die veld opgetel. Die Kloof is selfvoorsienend in al hul behoeftes. Die dorp is net die plek vir skool en die noodsaaklike dingetjies. Die kontak word meesal daartoe beperk, weens die groot afstande en die swak toestande van die pad na Humansdorp se kant toe. By withoogte, op pad uit, skiet die pad jou op,op,op tot bo in die aangesig van die wye oop Karoo. Agter jou l� die ruwe rooi-oranje rotse van Nuwekloof, laag op laag gestapel teen mekaar. Jy staan verwonderd en dink aan die baie natuurskatte en die diepe menslikheid wat daaragter versteek l�. |
Die afgesonderde vallei. Premier se pa slag bobbejane. |