PREMIER SE PA SLAG BOBBEJANE Dirk Richard, Linden in Beeld, 26 Mei 1999 Die gedagte aan 'n bobbejaanslagplaas in die Noordelike Provinsie is nie die eerste poging om Kees-hulle vir menslike gebruik in te span nie. Die ander instansie wat bobbejaan vir die mark aangewend het was niemand anders nie as mnr, Pieter Strijdom, vader van premier J.G.Strijdom. Strijdom senior het 'n plaas in die Baviaanskloof gehad, daardie ongerepte stuk wildernis tussen Patensie en Willowmore in die Suid-Kaap. Pa Pieter het in die jare twintig 'n fabriek daar opgerig vir die vervaardiging van skoene, reissakke en ander artikels van bobbejaanvel. Die bron is die Standard Encyclopedia of Southern Africa wat nie meld hoe lank die onderneming geduur het nie. Daar het darem nie net bobbejane uit die Baviaanskloof gekom nie! |