Zandvlakte - sensuele Oasis in die Baviaanskloof Baie dankie vir jou belangstelling ons wereld. Neem gerus 'n toer deur ons omgewing van uiterstes, en mag dit 'n besondere ervaring vir jou wees. Jy is welkom om ook ons gasteboek te teken. Zandvlakte is ons heimat waar die lewe weegskaal ry tussen die groot natuurwonders van die wereld-ekosisteme, en die tegnologiese uitdagings van die nuwe eeu. Afgele� maar nie afgesonderd nie. Van al die toeristebestemmings in Suid-Afrika kan Zandvlakte Plaas uitgesonder word as een bestemming waarin die volle palet van sintuiglike ervaringe op 'n verrassende wyse tot holistiese eenheid saamgesnoer word. Sedert die eerste okkupeerder van die eiendom, Petrus Van Staden op 20 November 1817 die eiendom teen 60 riksdaalders van die Nederlandse Regering aangekoop het, het ontwikkeling teen 'n halstarrige tempo plaasgevind. Die invloed van natuurkragte op menslike aktiwiteite is oorweldigend en bly die inwoners ondergeskik daaraan. Dit gee aan die plek die unieke karakter wat dit het. Soos die eeue verloop het, en die geskiedenis van die land deur die mense in hulle daaglikse aktiwiteite geskryf is, het een aspek onveranderd gebly: die pioniersgees van die inwoners. 'n Opstandigheid teen Orde, en 'n ewige verbintenis tot die Natuurlike. Zandvlakte stimuleer die avonturier, die ondersoekende gees, die ewige reisiger wat altoos hunker na die ongewone en unieke. Dit bied ook 'n geleentheid om in die voortdurende rustigheid die gehalte van lewenswaardes te herontdek. Dit is ongetwyfeld 'n geleentheid vir die herwaardering van menslikheidswaardes en opregtheid van gees, en stel die oornag gaste instaat om die immer teenwoordige verdraagsaamheid van die inwoners oor te neem. Die plaas self, omring aan drie kante deur die wildernisgebied is 'n verrassende groen paradys n� 'n avontuurlike toer oor die berge vanaf Patensie ( Suis-oos ) en Willowmore ( Wes ). Om die bestemming te bereik is al 'n ongewone belewenis en moet nie deur 'n haastige gees oorweeg word nie. Die oorweldigende natuurparadys staan in skelle kontras met 'n stedelike vakansie waarin ho� konsentrasies van mense, besighede en vermaak 'n voorvereiste is. PAD. Oornag besoekers maak gebruik van 4x4-voertuie, verhuringsvoertuie by lughawes, eie privaat motors, motorfietse, bergfietse. Die pad is die grootste avontuur in 'n beplande vakansie en moet versigtig oorweeg word deur persone wat besorgd is oor duur motors. Die seisonale re�n veroorsaak padverspoelings en dit word aanbeveel dat hierdie toestande in 'n beplande vakansie vir konsiderering ingesluit word. Die ongeveer 97 kilometer vanaf Patensie neem 2 - 3 uur se reistyd in beslag. Twee majestieuse bergreekse word oorgesteek. Vanaf Willowmore - 97 kilometer, neem die reis 1� uur. KLIMAAT. Soos in die res van die land kan die dag al 4 seisoene inkorporeer. Besoekers moet te alle tye voorsiening maak vir warm-en koue weer in die beplanning van die reistas. Somer: Somerdae is sonnig en warm. Gemiddelde maksimum somer temperatuur: 41 grade Celsius. Minimum somer temperatuur: 15 grade Celsius. Die Oostelike seewind stoot smiddae in die vallei op en verseker heerlike koel aande vir buite wees. Winter: Maksimum: 28 grade Celsius Minimum 0.05 grade Celsius. Die warm sonnige klimaat, gekombineer met die warm bergwinde en vars water, maak die vallei 'n ideale habitat vir die verbouing van groentesaad en ander gewasse. Zandvlakte bied die ideale oornag blyplek aan voornemende besoekers. Aktiwiteite soos kanovaarte word nie op die plaas self aangebied nie, maar kan gere�l word op die Kougarivier. Die vermaak in hierdie onbekende paradys word deur die natuur verskaf. Opvoerings is daar baie: die vo�ls wat dramaties verhinder dat 'n slang die nessies van eiers en klein vo�ltjies beroof; die donkies wat oploop gaan as 'n skilpad op die pad skrik en 'n reuk afskei-soortgelyk aan di� van 'n Leeu; 'n luiperd wat speels klap na nuuskierige bokkies en in die proses 'n paar dood. 'n Afrikaanse valk ( African Goshawk) sien die eerste lewenslig in die bloekomboom voor die ou winkelgebou..... Snags slaap jy onder 'n simfonie van naggeluide terwyl 'n kombers van miljoene sterre jou toevou. In die Lente is die feromone in die suiwer suurstofbelaaide lug 'n akute sensuele belewenis. PLANTEGROEI. Alhoewel die plaas in die Klein Karoo-streek resorteer, en dus volgens die re�nval ook as semi-aried beskou word, geniet die vallei, bekend as "Die Kloof" die beskerming van die twee bergreekse - Baviaanskloof-en Kougaberge. Die plantegroei wissel baie vinnig af en word hier 5 veldtipes aangetref. Op sommige plekke is die skeiding tussen veldtipes dramaties. Aan die noordelike hange word die spekboomveld en valleibosveld aangetref. Aan die suidelike hange floreer die fynbos bioom. In die lang sy-klowe konsentreer die Knysnabos-veldtipe. Op die bergplato's word die Renoster-en grasveld aangetref. Die sukkulente Karoobossieveld wat wyd verspreid in die vallei voorkom verseker die Baviaanskloof se indeling by die Klein Karoostreek. Die vallei is laer gele� as die Karoo wat noord van die Baviaanskloof l�. Die water vanuit die Karoo syfer deur na die vallei via die Baviaanskloofberge en is die rede waarom die Kloof verrassend watterryk is en om hierdie rede 'n baie groter verskeidenheid plantegroei huisves as wat verwag word. Die Baviaanskloof skei die Karoo van die Langkloof. Die byna 200- kilometer lange grondpad tussen Patensie en Willowmore, is een van die bes bewaarde natuurgeheime in Suid-Afrika. Vir die eko-pionier is dit nie 'n vraag OF die plek besoek gaan word nie; eerder WANNEER dit moet gebeur. Geniet die virtuele kubertoer deur ons wereld. Vir ons is ontspanning nie 'n besigheid nie, dis 'n lewenswyse. Groete van Piet en Griet. ( Pieter en Magriet Kruger ) |